‘n Ph.D in asblikleegmaak (of: hoe om te keer dat ‘n Ahjeossi jou afslag)

Ek woon in ‘n woonstelblok saam met ongeveer 70 ander siele. Buiten vir een van my kollegas, wat op die vloer onder myne woon, het ek nog geen van my bure leer ken nie. Ek hoor hulle soms in die gang verbygaan, of neem saam met hulle die hysbak. Mens gesels egter natuurlik nie in hysbakke nie, en oor die algemeen gesels Koreane nie graag met vreemde mense nie.

Hallo, dis Katrina uit Korea

Ek skryf hierdie brief waar ek op my bed in my klein woonstelletjie in Suwon, Suid-Korea sit. Bed is miskien ‘n ietwat optimistiese beskrywing. Ek slaap tans op ‘n matrasserige voorwerp, ongeveer twee meter lank en een meter breed. Dit is baie…stewig. Mens sou dit dalk selfs as hard kon beskryf, as ‘n mens geneig was om na die negatiewe kant van die lewe te kyk.

{Twelfth Night} en die Goddelike komedie van die wêreldgeskiedenis

As mens die romanse in Twelfth Night in een woord sou moet opsom, sou jy miskien “deurmekaar” moet kies. Orsino hou van Olivia, maar Olivia hou van Cesario wat eintlik glad nie Cesario is nie maar Viola, wat van Orsino hou, en dié dink ook sy’s ‘n man. Daar is misverstand op misverstand en deurmekaarspul op deurmekaarspul en sommige daarvan is minder snaaks as wat ‘n mens van ‘n komedie sou verwag.