

Ek is ‘n Christen. Ek glo in die Drie-Enige God – Vader, Seun en Heilige Gees. Ek glo dat ek slegs deur Jesus Christus se soenoffer aan die kruis gered is. Die Here is my hoop, my vrede en my vreugde!


Ek is mal oor boeke. Boeke was nog altyd ‘n groot deel van my lewe, en meeste van my beste vriende as kind was van fiktiewe aard. ‘n Paar van my gunsteling boeke is Danda op Oudeur deur Chris Barnard, die Keurboslaan-Reeks deur Theunis Krogh, enigiets deur Rosemary Sutcliff, A Little Princess deur Frances Hodgson Burnett, The Lord of the Rings deur J.R.R. Tolkien en A Tale of Two Cities deur Charles Dickens.

Ek studeer tale. Ek is tans ‘n derdejaarstudent by die Universiteit van Pretoria. My hoofvakke is Latyn en Engels. Ek neem hierdie jaar ook Grieks en Antieke Kultuurgeskiedenis.

Ek skryf graag stories. Ek skryf meestal fantasie, en die grootste deel van my werk is rondom die uitgedinkte land Praida gesentreer. Dit verskaf my groot genot om nie net stories oor Praida te skryf nie, maar om ook tale wat daar gepraat word te ontwerp.

Ek is ook lief vir: Groot Glase Koue Water, filosofie, kosmaak, outydse klere, gedigte, mistige weer, Desembermaand in Pretoria, musiek, ou flieks.
