Ek het ‘n bietjie in Afrikaanse idiome en ander vaste uitdrukkings gaan rondsnuffel, en op ‘n hele paar afgekom wat ek nie voorheen geken het nie.
Sondermeer:















Teks:
- Om met jou werk te slabak (om traag te werk; om min uit te voer)
- Hy dink dat hy die goewerneur se hond se oom is (Hy maak of hy vernaam is)
- Om iets op sy elf-en-dertigste te doen (om iets baie stadig of tydsaam te doen)
- Om die kêreltjie met die kurkhoed te soen (Om te veel sterk drank te gebruik)
- Jy is by die kerkdeur omgeruil. (Jy lyk nie na jou broers en susters nie)
- Om kiep-kiep te roep (om te veralgemeen).
- Hy staan of hy nie tien kan tel nie (Dit lyk of hy niks kan sê nie; hy is heeltemal beteuterd)
- Om poolshoogte te neem (om inligting in te win)
- Om klein van persoon, maar groot van patroon te wees (om klein maar bekwaam te weees)
- Dit gaan pastersteek (dit gaan baie goed)
- Om met jou siel onder jou arm rond te loop (om niks te doen te hê nie, om verveeld te wees; om nie te weet hoe om die tyd om te kry nie)
- Hy kan nie sien dat die son in ‘n ander se water skyn nie (Hy is baie afgunstig)
- Om goed van die tongriem gesny te wees. (Om goed te kan praat)
- Die kind se naam is Kaatjie. (daar is niks meer aan te doen nie)
- Iemand het jakopeweroë. (iemand het uitpeuloë)