“Christenskap was nog altyd”

beweer ‘n sekere eerwaarde leeraar al te vroom

“’n belangrike deel van

die Afrikaner se volkslewe.”

asof dit nie die gedagte is

gevaarliker vir ons voortbestaan

ons Boerevolk

as ‘n Kakie-konsentrasiekamp op ‘n haaivlakte

of ‘n MK-kader met ‘n AK en ‘n kleefmyn

of enigiemand met ‘n voorliefde vir ‘n rooi baret nie

asof enigiets goed kan kom

van om heel eerste Afrikaner te wees

en later miskien

‘n bietjie

as die Saterdagrugby nie te lekker was nie

kind van God.

Nog artikels

1 Comment

  1. Treffend en eenvoudig geskryf, baie dankie.

    Ek het veral onlangs tot die gevolgtrekking gekom dat, juis weëns dit wat jy beskryf, die Boerevolk deeglik moet nadink oor sy prioriteite, oor daardie dinge waarin sy waardes gewortel is, oor dit wat hy was, is en, sou hy wou oorleef, weer sal moet word. Hoewel Christenskap vir bepaalde volksgenote beslis ‘n kernelement van die lewe gebly het, [wat dikwels aan hul gedrag en menswees te erkenne is], sal dit weer, om die Duitse woord te gebruik, tot Volksgut moet word, iets wat riglyne daarstel vir die volksbestaan waardeur hy geregtigheid aan sy kant kan kry en ‘n goeie eenheid kan skep wat nie op wêreldse nietigheidjies berus nie. Indien dinge verder ontwikkel soos hulle nou ontwikkel, vermoed ek dat so ‘n deeglike deurdenking op die volk afgedwing sal word deur omstandighede. Maar, om hierdie dinge deeglik te kan deurdink, sou ons weer met die geskiedenis bekend moet raak en sal ons ons persoonlike prioriteite moet regkry. Veral diegene op universiteit moet diep delf en besin oor die regte weg om te volg, wat hopelik deur daardie omstandighede, wat aan ons beide bekend is en wat jy in van jou ander werk so goed omskryf,
    as’t ware tot plig sal word vir enigeen wat hom as volksgetrou wil beskryf. Ons sal net moet hoop dat die kulturele Marxisme nie te veel mense insluk nie, dat die selfkasteiery nie vir te veel mense ‘n aanloklike verlossingsweg word nie.

    Ek wil, ter afsluiting, opmerk dat indoktrinasie oor generasies heen effektief blyk te gewees het en dat die suiweringstaak wat voorlê, groot is. Waar om te begin?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.