O, fontein van Bandusia

O, fontein van Bandusia, glashelder,
Soet wyn en blomme waardig,
Môre sal jou ‘n bokkie gegee word
Vir wie die hoof geknop met eerste horings

Stryd en liefde as lot bepaal;
Maar tevergeefs: want die lam van ‘n uitgelate kudde
Sal met skarlaken bloed
Deurvloei jou koue waters

Die grimmige uur van vurige Sirius
Kan jou nie raak nie, aan moeggeploegde osse
En swerwende vee
Verleen jy lieflike koelte.

‘n Beroemde bron sal jy ook word
Deur my vermelding van die steeneik
Standvastig oor die holte in die rots
Vanwaar jou babbelende stroompies neerstort.

-Quintus Horatius Flaccus

(uit die oorspronklike Latyn vertaal deur CE van Oostrum, 2020)

Nog artikels

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.