Showing: 1 - 1 of 1 RESULTS

{Twelfth Night} en die Goddelike komedie van die wêreldgeskiedenis

As mens die romanse in Twelfth Night in een woord sou moet opsom, sou jy miskien “deurmekaar” moet kies. Orsino hou van Olivia, maar Olivia hou van Cesario wat eintlik glad nie Cesario is nie maar Viola, wat van Orsino hou, en dié dink ook sy’s ‘n man. Daar is misverstand op misverstand en deurmekaarspul op deurmekaarspul en sommige daarvan is minder snaaks as wat ‘n mens van ‘n komedie sou verwag.