op negentien april laataand word ‘n man in gangnam dood aangetref suid van die rivier rivier han dáárdie han, van wonderfaam han. 한 [ha̠:n] die …
die man wat in die han verdrink het

Katrina van Oostrum

op negentien april laataand word ‘n man in gangnam dood aangetref suid van die rivier rivier han dáárdie han, van wonderfaam han. 한 [ha̠:n] die …

“We have cast our lot with the juggler.” – Nicholas Carr, The Shallows die graadagts doen ‘n toespraakvoorbereidoor die mors, miskien sogenaamde, van tyd op …

Ek woon in ‘n woonstelblok saam met ongeveer 70 ander siele. Buiten vir een van my kollegas, wat op die vloer onder myne woon, het ek nog geen van my bure leer ken nie. Ek hoor hulle soms in die gang verbygaan, of neem saam met hulle die hysbak. Mens gesels egter natuurlik nie in hysbakke nie, en oor die algemeen gesels Koreane nie graag met vreemde mense nie.

Ek skryf hierdie brief waar ek op my bed in my klein woonstelletjie in Suwon, Suid-Korea sit. Bed is miskien ‘n ietwat optimistiese beskrywing. Ek slaap tans op ‘n matrasserige voorwerp, ongeveer twee meter lank en een meter breed. Dit is baie…stewig. Mens sou dit dalk selfs as hard kon beskryf, as ‘n mens geneig was om na die negatiewe kant van die lewe te kyk.

Germanicus is ‘n Afrikaanse versdrama en toevallig ‘n kombinasie van twee van my gunsteling dinge – NP van Wyk Louw en Antieke Rome.

Die 1933-vertaling, die eerste volledige Bybelvertaling in Afrikaans, word uiteindelik op 29 Mei 1933 vrygestel. PJ Nienaber vertel hoe die aflewerings Bybels in Heilbron deur ‘n jubelende skare by die stasie in ontvangs geneem is en vandaar na die kerk begelei is.

Die arbeidsaamheid van die GRA, ook die Eerste Taalbeweging genoem, begin nie met die stigting van die GRA nie, maar met die briewe van ‘n ou met die naam Pannevis. Dit begin ook, soos baie taalgroei in Europese lande in die vroegmoderne era, met die begeerte om die Bybel te vertaal.