Ek skryf hierdie brief waar ek op my bed in my klein woonstelletjie in Suwon, Suid-Korea sit. Bed is miskien ‘n ietwat optimistiese beskrywing. Ek slaap tans op ‘n matrasserige voorwerp, ongeveer twee meter lank en een meter breed. Dit is baie…stewig. Mens sou dit dalk selfs as hard kon beskryf, as ‘n mens geneig was om na die negatiewe kant van die lewe te kyk.
Hallo, dis Katrina uit Korea

