Hulle sê dis gawer, dis sagmoedig. Liewer die stil, koue dood As om die waarheidselemente te trotseer. Liewer stilbly, wegdraai, inhou Alles doodryp, wat wil groei. Want al is lewe sterwe sonder verandering Hoe kan mens wil verander As jy perfek is soos wat jy is? Daarom liewer vasklou, aan die stadige Verysing in hierdie kille koue Wat na die maskerbal gekom het As ons grootste begeerte: Gemak.
Hierdie ongenadige winter

