Ek woon in ‘n woonstelblok saam met ongeveer 70 ander siele. Buiten vir een van my kollegas, wat op die vloer onder myne woon, het ek nog geen van my bure leer ken nie. Ek hoor hulle soms in die gang verbygaan, of neem saam met hulle die hysbak. Mens gesels egter natuurlik nie in hysbakke nie, en oor die algemeen gesels Koreane nie graag met vreemde mense nie.
‘n Ph.D in asblikleegmaak (of: hoe om te keer dat ‘n Ahjeossi jou afslag)
