Wat is waarheid?

Nes Pontius Pilatus, met ‘n lewe op die spel,
Was ons ons hande in onskuld en pieker ewe filosofies
Oor wat die waarheid dan sou wees
Die idee dat waarheid niks is en niks waar nie heel sterk geïmpliseer.

Ons voel heel tevrede met ons vordering
Ons raak nou so oulik progressief
Ons weet verseker dat alles subjektief is
Nes Pilatus gee ons nie om vir die bloed
Wat hier woordspeletjies gaan laat vloei nie
Dat dit God is wat hulle volgende, relatief gesproke,
Wil vermoor.

Nog artikels

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.