Hierdie ongenadige winter

Hulle sê dis gawer, dis sagmoedig.
 Liewer die stil, koue dood
 As om die waarheidselemente te trotseer.
 Liewer stilbly, wegdraai, inhou
 Alles doodryp, wat wil groei.

 Want al is lewe sterwe sonder verandering
 Hoe kan mens wil verander
 As jy perfek is soos wat jy is?
 Daarom liewer vasklou, aan die stadige
 Verysing in hierdie kille koue
 Wat na die maskerbal gekom het
 As ons grootste begeerte:
 Gemak.

Nog artikels

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.